On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

UV koorleier verteenwoordig Suid-Afrika op die wêreldverhoog

───   10:23 Sat, 13 May 2023

UV koorleier verteenwoordig Suid-Afrika op die wêreldverhoog | News Article
Koorleier van die Universiteit van die Vrystaat, Werner Stander.

Werner Stander, koorleier van die Universiteit van die Vrystaat, het onlangs teruggekeer van die Wêreldsimposium oor Koormusiek in Istanboel, Turkye.

As lid van die Internasionale Federasie vir Koormusiek, het Stander hierdie geleentheid saam met koordirigente van reg oor die wêreld bygewoon, en skouers geskuur met internasionaal bekende koorleiers soos Elise Bradley, voormalige koorleier van die Toronto Kinderkoor.

Die simposium het as platform gedien vir die bekendstelling van ‘n wye verskeidenheid style en tradisies van ensemble sang. Stander sê die leerskool het ruimte geskep vir die bevordering van artistieke uitnemendheid, asook samewerkings- en uitruilmoontlikhede binne die koorwêreld.

Dié merkwaardige leier, ook deeltyds verbonde aan die Odeion Musiekskool, sê sy strewe is om ‘n verteenwoordiger van verandering in ‘n immer veranderende wêreld, ook in dié van musiek, te wees.

OFM-nuus/Elsabé de Jager

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.