On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Fidelity-sekuriteitsbeamptes se name bekend ná hofverskyning

───   HEIDRÈ MALGAS 10:01 Mon, 15 May 2023

Fidelity-sekuriteitsbeamptes se name bekend ná hofverskyning | News Article

Die saak teen drie Fidelity-sekuriteitsbeamptes weens hul beweerde betrokkenheid by een van die grootste transitorooftogte tot nog toe in Bloemfontein, is tot 19 Mei 2023 uitgestel vir ’n formele borgtogaansoek.

Dit kom nadat Mzwandile Choko (60), Molefe Sidwell Molefe (61) en Deon de Lange (48) op 12 Mei 2023 in die hof verskyn het nadat hulle deur die Valke se ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad in Bloemfontein in hegtenis geneem is.

OFM Nuus het vroeër berig drie Fidelity-sekuriteitsbeamptes is in hegtenis geneem en sal op Vrydag 12 Mei 2023 in die hof verskyn weens hul beweerde betrokkenheid by dié transitorooftog.

Mzwandile Choko (60)

Volgens die Valke-woordvoerder, Christopher Singo, was daar na bewering sowat 20 verdagtes betrokke.

Molefe Sidwell Molefe (61)

Singo sê die sekuriteitsbeamptes is tussen 48 en 61 jaar oud en is ná verdere ondersoek deur die Valke se ondersoekspan vir ernstige georganiseerde misdaad in Bloemfontein in hegtenis geneem.

LEES OOK: Enkele verdagtes ná transitorooftog in Bloemfontein aangekeer

OFM Nuus het ook berig dat die verdagtes van die misdaadtoneel gevlug het, waarna die polisiejaagtog gevolg het. Hulle het na bewering in die rigting van die Bloemfontein-gholfbaan en omliggende gebiede gehardloop. 'n Polisiehelikopter en hommeltuig het vanuit die lug die verdagtes probeer opspoor.

Deon de Lange (48)

“Die gewapende rowers het die veiligheidsbeamptes opdrag gegee om uit die gepantserde voertuig te klim. Hulle het toe plofstof gebruik om die kluis en die valkluis van die pantservoertuig op te blaas. Die verdagtes het 'n onbekende bedrag geld en drie vuurwapens van die veiligheidsbeamptes geneem en van die toneel gevlug,” het Singo gesê.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.