On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Studente, personeel se veiligheid ’n prioriteit vir UV

───   HEIDRÈ MALGAS 11:22 Thu, 18 May 2023

Studente, personeel se veiligheid ’n prioriteit vir UV | News Article
FOTO'S: Verskaf

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan sy veiligheidsmaatreëls opskerp ná verskeie voorvalle van misdaad.

Videos en foto's is op sosiale media geplaas wat wys hoe die studente aangeval en van hul besittings beroof word. Die UV se beskermingsdienste werk 24 uur per dag om studente te beskerm en om risiko's van misdaad op en om die drie kampusse te verminder.

Veiligheidsbewusmakingsveldtog gehou.

Die polisie, die Brandwag Sektor Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en beskermingsdienste het op 12 Mei 2023 van 19:00 tot 21:00 ’n veiligheidsbewusmakingsveldtog gereël. Dit is in die tydgleuf wat die meeste misdaad voorkom.

Die meeste misdaad kom in die tydgleuf 19:00 tot 21:00 voor.

Die adjunkdirekteur vir die bedreigingsopsporing, ondersoeke, nakoming en skakeling in beskermingsdienste, Jacobus van Jaarsveld, sê dat deurlopende bewustheid om studenteveiligheid in die Brandwag-omgewing te verbeter die verbintenis van alle belanghebbendes beklemtoon.

Hy sê die veiligheid van die studente en personeel is baie belangrik vir die beskermingsdienste en hulle het ’n toegewyde span wat hul fisieke veiligheid sal verseker.

Die beskermingsdienste het op 16 Mei 2023 met die hulp van die studente ook veiligheidsbewustheid in Universitas gedoen. Baie studente bly in dié woonbuurt. 

Deur die loop van die jaar sal die bewusmaking ook na die Suid- en Qwaqwa-kampus uitgebrei word.

“Een van die UV se waardes is deernis en daarom wil die universiteit ’n omgewing bevorder wat nie net gunstig is vir onderrig nie, maar ook vir die welstand en geluk van die kampusgemeenskap,” sê hy.

Die beskermingsdienste se tolvrye nommer is 0800-204-682.  

OFM Nuus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.