On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Likwidateur se sluipmoordaanvallers nog op vrye voet

───   15:27 Fri, 19 May 2023

Likwidateur se sluipmoordaanvallers nog op vrye voet | News Article

Die likwidateur, adv. Victor Vaughn, het Donderdagaand ’n aanslag op sy lewe oorleef. Hy is die likwidateur by Tariomix, een van die diamanthandelaar Louis Liebenberg se maatskappye.

Vaughn was van die O.R. Tambo-lughawe in Kempton Park onderweg na Pretoria. Op die R25 tussen Bapsfontein en Bronkhorstspruit het twee mans uit ’n dubbelkajuitbakkie gespring en op sy Toyota Land Cruiser losgebrand.

"Ek het teruggeskiet en die aanvallers het gevlug," sê Vaughn.

Die motief vir die aanval is nog onbekend. Van die mense wat in Liebenberg se diamantpakkies belê het, bespiegel dat Liebenberg iets daarmee te doen het. Hulle glo dat hy Vaughn wou skrik maak.

Vaughn het verlede week ’n tussentydse interdik teen hom verkry vir intimidasie, teistering, dreigemente en laster. Dit volg nadat Liebenberg hom van verskeie misdade beskuldig het.

Liebenberg wou of kon nie met OFM Nuus praat nie. Sy prokureur, Walter Niedinger, wou ook nie kommentaar oor die skietery lewer nie.

Liebenberg se woordvoerder, Sean Newman, sê hulle was nie bewus van die sluipmoordaanval op Vaughn nie. Hulle betreur die voorval en het hom sterkte toegewens.

Newman sê Liebenberg het ’n beloning van R100 000 uitgeloof vir enigeen wat kan help om die skuldiges aan te keer.

Die redakteur van Die Waarheid, Dirk Lotriet, (Liebenberg se koerant) sê die aanval is glo die waarheid.

"Dit het glo gebeur, maar geen sterftes nie. Dis al wat ek weet. Baie mense dink dis gedoen om Louis te benadeel, maar ek het geen inligting nie."

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.