Central SA
Gevangene in Noord-Kaap se dood ondersoek─── 09:40 Sat, 20 May 2023
Die Departement van Korrektiewe Dienste in die Noord-Kaap ondersoek die dood van 'n gevangene wat op 13 Mei in die Kimberley Korrektiewe Sentrum dood is.
Woordvoerder Singabako Nxumalo sê die oorledene was na bewering saam met 30 ander gevangenes in die gemeenskaplike aanhoudingsel en het op 10 Mei siek geword en begin braak. Hy is vir mediese behandeling geneem, maar het nie daarop gereageer nie.
Die gevangene is volgens Nxumalo die aand van 13 Mei deur die dokter dood verklaar.
Die oorledene het ook volgens Nxumalo geen sigbare beserings of wonde tydens die mediese ondersoek gehad nie. Die oorsaak van sy dood word egter verder ondersoek.
