On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Polisie herwin meer gesteelde items ná plaasaanval

───   HEIDRÈ MALGAS 11:37 Mon, 22 May 2023

Polisie herwin meer gesteelde items ná plaasaanval | News Article
Die Stemmet-gesin. FOTO: Facebook

Die polisie in Senekal het meer gesteelde items herwin nadat 'n boer, sy vrou en 'n vriendin van hulle op hul plaas slagoffers van 'n gewapende roof was toe hulle van GraanSA se NAMPO Oesdag teruggekeer het.

Volgens die polisiewoordvoerder Lorraine Earle het die plaaslike polisie en spesialis-eenhede deur die dag voortgegaan om ná die rooftog rondom die toneel van die misdaad te soek.

Die polisie het by verdere ondersoek 'n paar van die gesteelde items herwin. Hulle het ook twee 9mm-pistole, twee gewere, 'n gaspistool, kos, klere, 'n selfoon en juweliersware herwin.

OFM Nuus het voorheen berig dat Adamus (Dami) Stemmett (53) en sy vrou, Zelda (42), asook 'n vriendin van haar, Woensdagaand (17/5) omstreeks 20:30 deur ses gewapende mans oorval is terwyl hulle inkopies afgelaai het. Hulle het Stemmett na binne gedwing.

Die verdagtes het sy vrou en haar vriendin vasgebind en drie vuurwapens, juweliersware, selfone en kontant geroof. Die boervrou se vriendin was besig op haar foon toe die rowers toeslaan en kon hulp ontbied. Heelparty boere van omliggende plase het flink gereageer en twee verdagtes aangekeer.

LEES OOK: Twee vas ná Senekal-plaasaanval

“Ná die voorval is ’n 37-jarige verdagte in hegtenis geneem en 'n groot hoeveelheid kontant is in sy besit gevind. Die bestuurder van die motor waarmee die verdagtes wou vlug, 'n 33-jarige vrou, is ook aangekeer.

“ 'n Uzzi-vuurwapen en voertuigsleutels wat aan Stemmett behoort, is buite die erf van die plaas gevind. Vyf verdagtes is egter steeds op vrye voet,” het Earle gesê.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.