Central SA
Thabo Bester ‘verloor meer as 13 aliasse’ met nuwe ID-kaart─── 13:52 Mon, 22 May 2023
Die Facebook-verkragter Thabo Bester het ’n Suid-Afrikaanse Identiteitskaart van die Departement van Binnelandse Sake ontvang.
’n Amptenaar van die departement het glo verlede week die Kgosi Mampuru II- korrektiewe sentrum besoek om dit aan hom te oorhandig, berig Sunday World.
Dié publikasie se bron bevestig die nuus: "Ja, hulle het hierheen gekom om die twyfel oor Bester se burgerskap en werklike identiteit te beëindig. Ons weet nou hy is 100% ’n Suid-Afrikaner.”
Die minister van binnelandse sake, dr. Aaron Motsoaledi, het vroeër aan die parlement gesê die polisie het ’n DNS-toets gedoen en dit is 99% positief dat Bester en die vrou wat beweer dat sy sy ma is, verwant is. Die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto het ook bevestig dat Bester op 13 Junie 1986 in die hospitaal gebore is.
Minister Aaron Motsoaledi says he got permission from Thabo Bester to show the public a copy of his ID which was issued on 17 May 2023. pic.twitter.com/pbceuAWNhJ
— South African Government (@GovernmentZA) May 22, 2023
Motsoaledi sê Bester is deur die proses van “laat registrasie van geboorte” geregistreer, wat daarop dui dat hy dalk nog nooit ’n geboortesertifikaat of ID-kaart/groenboek gehad het nie.
Bester het verskeie aliasse gebruik om jong vroue te lok en te bedrieg, terwyl hy lewenslange tronkstraf by die Mangaung Korrektiewe Sentrum uitgedien het.
Sy aliasse sluit in: Thomas Bester, Tom Bester, Tom Motsepe, Thabo Tom Bester, Tom Kelly, Thomas Kelly Bester, Thomas Berter, TK Nkwana, Robert, Thomas Kelly Young, Tommy William Kelly, Thomas Magagula, Thabo Magagula en Rufus Mahopo.
Volg dié skakel na al die vorige episodes: https://bit.ly/OFMSel35
