On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Toerisme in Clarens word deur beurtkrag geknou

───   10:24 Tue, 23 May 2023

Toerisme in Clarens word deur beurtkrag geknou | News Article
PHOTO: Zane Frost Photography/Facebook

Die beduidende ekonomiese invloed van beurtkrag in die Dihlabeng Plaaslike Munisipaliteit is kommerwekkend.

Die DA sê in ’n verklaring die invloed van beurtkrag op ’n klein toeristedorpie soos Clarens kan nie onderskat word nie. Weens die probleme met elektrisiteit en water sukkel Clarens se ondernemings om te bestaan en dienste aan besoekers te lewer. Dit knou veral die toerismebedryf in die dorp.

FOTO: Rozanne Reid

Restaurante word gedwing om hul spyskaarte te beperk of vroeg te sluit, terwyl winkels en galerye weens die gebrek aan beligting nie kan oop bly nie. Dit lei tot minder besoekers, minder verkope en ’n groot verlies aan inkomste vir sake-eienaars. Hotelle en gastehuise sukkel om basiese dienste soos warm water en verhitting te kan verskaf. Dit lei tot ongelukkige gaste en kansellasies wat die dorp se reputasie as toerismebestemming skade berokken.

Kiara Lodge

Dit hou ook ’n veiligheidrisiko in want toeriste kan nie in die aand rondloop nie en sekuriteitstelsels kan nie behoorlik funksioneer nie. Die meeste inwoners en ondernemings kan nie alternatiewe energiebronne bekostig nie.

Gypsywagons Clarens

Clarens het geen kragopwekkers vir sy waterpompe nie, wat lei tot ’n verminderde of algehele verlies van watertoevoer na die dorp.

The Scribs & Nibs

Inwoners moet staatmaak op onvoldoende bronne soos boorgate of reënwatertenks. Dit hou ook gesondheidsrisiko’s vir die inwoners in.

Die DA sal die invloed van beurtkrag op sy komende raadsvergadering bespreek en oplossings vir die krisis voorstel. Die ondersoek van alternatiewe energiebronne en die toepassing van effektiewe energiebestuurstrategieë is noodsaaklik.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.