Central SA
SEL 35: Die Thabo Bester-storie – Episode 9─── 15:00 Fri, 26 May 2023

Die Thabo Bester-storie word beskryf as die mediasirkus sonder einde.
In hierdie voorlaaste aflewering van dié reeks, bekyk ons die weke lange mediadekking wat die een, ná die ander wending in dié drama onthul, of sosiale media wat interessante inhoud oplewer of opgrawe.
Hoekom is die enigste mense wat in hierdie stadium stil is, diegene wat belê en geld verloor het? Of diegene wat hul sakke met omkoopgeld uitgevoer het? Dit is vrae wat waarskynlik eers in die verhoor aandag sal kry. Wanneer ons in dié misdaaddoolhof weer terugkeer na die geldspoor, sal meer mense dalk begin sing.
(Hierdie aflewering is saamgestel met inligting en argiefklank verkry uit verskeie openbare nuusbronne, soos Twitter, YouTube, TikTok, News24, NewszroomAfrica, en Briefly. Die Dr Nandipa Song is deur Zealous Zakes op YouTube geplaas.)
Volg dié skakel om na vorige episodes te luister: https://bit.ly/OFMSel35