On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Verdagte in plaasmoord vasgetrek ná twee jaar

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:10 Sat, 27 May 2023

Verdagte in plaasmoord vasgetrek ná twee jaar | News Article

Die saak teen ’n verdagte wat moontlik deur DNS met ’n Vrystaatse plaasaanval verbind kan word, is tot 2 Junie uitgestel, wanneer hy formeel om borgtog sal aansoek doen.

Twee jaar nádat ’n boer en een aanvaller dood is in ’n plaasaanval naby Odendaalsrus in die Vrystaat, is ’n 45-jarige verdagte, Khulekani Kaizer Mthethwa, uiteindelik met die voorval verbind deur DNS bewyse.

Die 50-jarige Mark Regal is doodgeskiet op sy pa se plaas op 11 November, 2020. Een van die aanvallers is ook in die aanval noodlottig gewond en het op die toneel gesterf. Volgens Kaptein Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder, is Mthethwa ná ’n onvermoeide ondersoek geïdentifiseer en met die saak verbind deur DNS. Die verdagte is opgespoor in die tronk, waar hy sedert 2021 verhoorafwagtend is vir ’n sakeroof in Odendaalsrus.

Thakeng het bevestig dat Mthethwa gearresteer en van die moord op Regal aangekla is. Hy het op Vrydag, 26 Mei in die landdroshof in Welkom verskyn en sy saak is tot 2 Junie uitgestel vir ’n formele borgtogaansoek.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.