On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Mej. SA-finalis, swanger op 20, sê: ‘Glo in jou drome’

───   TSHEHLA KOTELI 12:25 Tue, 30 May 2023

Mej. SA-finalis, swanger op 20, sê: ‘Glo in jou drome’ | News Article

“Die toekoms behoort aan diegene wat glo in die krag van hul drome. Gryp daardie krag aan en neem beheer oor jou toekoms, want niemand sal dit vir jou doen nie.”

Dit is die mening van die Vrystaatse Mej. Suid-Afrika-semifinalis Rozelle Bester (27), wat onlangs as een van die top 30-finaliste van die kompetisie aangewys is.

Sy sê sy het vir die kompetisie ingeskryf omdat sy 'n kans wil hê om 'n verskil te maak. “Daar is vir my gesê dat ek nooit waardig genoeg sal wees om op die Mej. SA-verhoog te staan nie omdat ek nie genoeg gedoen het om my reinheid te bewaar nie. Ek het besluit om dit as brandstof op my vuur te gebruik. Ek het ’n veggees in myself herken, dit het gekom uit ’n plek van lyding – geestelik, finansieel en fisiek.”

Die Vrystaatse Mej. Suid-Afrika-semifinalis Rozelle Bester (27), wat as een van die top 30-finaliste in die kompetisie aangewys is.

Bester sê sy het nooit gedink dat sy as ’n semifinalis van Mej. SA aangewys sou word nie, omdat sy op 20 swanger geraak het.

“Ek moes baie probleme alleen oorkom. Ek het onder die kritiek van ’n gemeenskap deurgeloop, mense wat dink ek is ’n produk van my omstandighede.

Bester het ’n paar skoonheidstitels gewen, insluitend Miss Globe South Africa en Miss Global South Africa. Sy werk as ’n verkoopsverteenwoordiger by Clippa Sales. “Ek bemark en bevorder verkope vir die Italiaanse koffiemaatskappy, illy. Ek het 'n sertifikaat in vroeë kinderontwikkeling, is 'n gekwalifiseerde grimeerkunstenaar, model en studeer vir ’n BA-graad in Opvoedkunde aan Unisa. Ek beoog om vanjaar my studie klaar te maak.”

LEES OOK: Meet your Central SA semi-finalists for Miss SA

“Hoekom voel die samelewing in die jaar 2023 steeds geregtig om vir ’n vrou te sê sy is nie waardig om as leier op te tree nie weens haar huwelikstatus, die aantal kinders wat sy het en met watter geslag sy identifiseer?”

Bester sê skoonheidskompetisies het 'n spesifieke standaard gestel en vir baie lank is daardie norm aanvaar. “Deesdae word na krygers gesoek, vroue wat die moderne tyd verteenwoordig.”

Sy sê haar grootste laagtepunt was toe sy net voor die Covid-19-pandemie, haar werk as onderwyseres weens aflegging verloor het.

“Ek moes gereedskap in ’n ysterwarewinkel pak om te oorleef. Ek het kredietbetalings teruggestuur om die dak oor ons kop te hou. Ek het my hele lewe begin bevraagteken toe ek gedink het dit is verby.

“Ek was skaam oor my omstandighede, my motor het onklaar geraak, my klere was te groot vir my weens uiterste gewigsverlies, slapelose nagte, aknee. Daar was dae wat ek sonder aandete gaan slaap het sodat ek 'n kosblik kon pak vir my seun om die volgende dag skool toe te neem.

“Ek het myself baie nagte aan die slaap gehuil, maar ek moes my trots sluk, vashou aan my geloof en besef dat iets daadwerkliks moet gebeur. Ek kon ’n ommekeer maak, danksy moeilike, is-dit-die-risiko-werd-besluite en die behoefte om uit daardie omstandighede te kom, 'n doel voor oë te hê en te onthou waar ek vandaan kom.”

*Die Mej. Suid-Afrika-kompetisie laat van vanjaar af getroude vroue en diegene met kinders toe om in te skryf. Jordan van der Vyver en Nicole Eksteen wat in vanjaar se top 30-finaliste is, is getroud, terwyl Rozelle Bester 'n kind het.

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.