Central SA
Vyftig jaar ná eerste Comrades sien Louis Massyn kans vir nog─── 15:24 Thu, 01 Jun 2023
Louis Massyn van Odendaalsrus in die Vrystaat is ná 50 jaar steeds op reis, ’n hardloopreis wat sy eindstreep eers sal bereik op daardie dag wanneer sy liggaam hom nie meer kan dra nie.
Dié 72-jarige atleet, rekordhouer saam met Barry Holland vir die meeste Comrades Marathons voltooi, is slaggereed vir sy 48ste deelname op 11 Junie.
Massyn sê die Comrades vorm sedert 1973 toe hy dit binne ’n tyd van net meer as tien ure voltooi het, ’n integrale deel van sy bestaan. Hy spog met ’n algehele beste tyd in 1981 van ses uur en 25 minute.

Louis Massyn is ná al die jare ’n geliefde deelnemer.
Vanjaar se Comradesroete strek vanaf Pietermaritzburg tot by Durban. Massyn sal dit weliswaar nie aanpak in sy eerste paar skoene wat hom 50 jaar gelede R21 uit die sak gejaag het nie, maar hy sal deelneem met dieselfde liefde wat hy sedert 1973 vir dié sport koester.
Louis Massyn met sy gunsteling nommer 403.
