On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Bloedbank sê sy kosbare voorraad raak min

───   15:50 Thu, 01 Jun 2023

Bloedbank sê sy kosbare voorraad raak min | News Article

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) sê weens koue weerstoestande en 'n verhoogde aanvraag na bloed, staar hy ’n ernstige tekort aan voorraad in die gesig.

Die Bloedbank moet daagliks 3 500 eenhede bloed insamel en doen 'n dringende beroep op alle potensiële en bestaande bloedskenkers om ’n bloedskenkkliniek te besoek om 'n kosbare eenheid bloed te skenk.

“Met min bloed in voorraad, het dit 'n ernstige impak op die pasiënte wat op lewensreddende bloedoortappings staatmaak,” sê Thandi Mosupye, SANBS-woordvoerder. 

“Wanneer ons bloedvoorraad vir minder as drie dae het, plaas dit die lewens van pasiënte in gevaar: die lewens van moeders, pasgebore babas, ongelukslagoffers en duisende ander pasiënte wat 'n bloedoortapping benodig.

“Elke bloedskenking gee pasiënte 'n tweede kans saam met hul geliefdes. Nog 'n Kersfees aan onthou, nog 'n somervakansie by die strand, nog 'n verjaardagviering.”

Om 'n bloedskenker te word, moet jy:

- tussen die ouderdom van 16 en 75 jaar oud wees;

- 50 kg of meer weeg;

- goeie gesondheid hê;

- 'n gesonde leefstyl lei;

- jou bloed as veilig vir oortapping aan 'n pasiënt beskou;

- jou daartoe verbind om gereeld bloed te skenk.

Besoek www.sanbs.org.za om uit te vind waar die naaste bloedskenkkliniek is, of skakel 0800-11-90-31.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.