On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

‘My stad, my verantwoordelikheid – om slaggate op te vul’

───   16:24 Thu, 01 Jun 2023

‘My stad, my verantwoordelikheid – om slaggate op te vul’ | News Article
Rustenburg-mense vul deesdae self slaggate.

Die Rustenburgse plaaslike munisipaliteit, wat aspirasies koester om as 'n metropolitaanse munisipaliteit verklaar te word, het minder as 3% (R214 miljoen) van sy R8 miljard-begroting vir die herstel en onderhoud van infrastruktuur toegewys.

Hiervan is 'n skamele R79 000 vir die herstel van strate en paaie begroot, net genoeg om sowat 40 van die honderde slaggate in dié reusagtige munisipale gebied te kan herstel.

Vryheidsfront Plus-raadslid, Adam Bossau, sê die VF Plus het teen die aanvaarding van 'n onbefondsde jaarlikse begroting gestem.

Ondernemings in Rustenburg steek deesdae hand uit mou om self slaggate op te vul. FOTO: Facebook/Burger Barn Rustenburg

“Die prioriteite in die begroting van R8 miljard weerspieël geensins die werklike behoeftes van die gemeenskap nie,” sê hy. “Boere, plaaslike ondernemings en gemeenskapsorganisasies word reeds gedwing om self herstelwerk en onderhoud aan strate en paaie te doen.”

Die munisipale raad het in April vanjaar met die steun van die meerderheid partye in die raad die besluit geneem om as 'n metro verklaar te word. Die VF Plus was die enigste party wat dit teengestaan het.

“Dit is ironies dat die munisipaliteit se nuwe slagspreuk nou ‘My City, My Responsibility’ is, waar dit voorheen ‘Rustenburg, a world class city’ was.”

OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.