On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Verdagtes in Vrystaat van onwettige besit van perlemoen aangekla

───   10:00 Mon, 05 Jun 2023

Verdagtes in Vrystaat van onwettige besit van perlemoen aangekla  | News Article

Die Vrystaatse polisie het twee verdagtes op die N1 by Trompsburg in hegtenis geneem vir die besit van perlemoen.

Polisiewoordvoerder Martin Xuma sê snelwegpatrollielede het Sondagoggend vroeg net buite die dorp stilgehou en 'n wit Toyota Hilux-bakkie met 'n kajuit gestop.

Hy sê die polisie het die voertuig deursoek en 53 vullissakke met perlemoen gevind.

Xuma sê twee mans, onderskeidelik 31 en 42 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van perlemoen.

Hulle sal na verwagting binnekort in die Trompsburg-landdroshof verskyn.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.