On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Omroeper van Overvaal Stereo baklei teen aanvaller

───   HEIDRÈ MALGAS 14:07 Tue, 06 Jun 2023

Omroeper van Overvaal Stereo baklei teen aanvaller | News Article

’n Omroeper van Viljoenskroon in die Vrystaat het Vrydagaand ’n noue ontkoming gehad. Sy het wakker geword toe ’n onbekende jong man langs haar bed staan en haar wou verwurg.

Die bestuurder van Overvaal Stereo, Ignaz Streicher, sê die aanvalle se woorde aan haar was glo: “I’m here to kill you.” Sy het besef dat sy uit haar bed moet kom as sy wil oorleef.

Streicher sê sy kollega het terugbaklei, maar hy wou haar met alle mag verwurg.
“Sy kon in die donker daarin slaag om haar gaspistool in die hande te kry, terwyl die aanvaller haar rondgepluk en aanhou probeer het om haar te wurg,” sê hy.

Voordat sy ’n skoot kon afvuur het die aanvaller die gaspistool by haar afgeneem en haar daarmee geslaan. Hy het reeds haar selfoon gevat en sy het al die geld in haar besit ook vir hom gegee.

Streicher sê sy het gebid, "Here, help my." Die man het haar weer begin aanval en die keer op die vloer gegooi. Skielik het hy opgehou en by die veiligheidshek, wat hy oopgebreek het, uitgeloop.

Sy het daarin geslaag om in haar motor na die ateljee te ry en die stasiebestuurder het dadelik gekom om haar te help. Die nooddienste en polisie is ook ontbied.

”Die omroeper het baie seergekry. Sy het kopwonde opgedoen, haar rug en knieë is stukkend soos hy haar op die vloer gegooi het. Sy sukkel ook om te sluk weens die kere wat hy haar probeer verwurg het,” sê Streicher.

Haar naam is nie bekendgemaak nie.

OFM Nuus

Die aanvaller het die veiligheidshek oopgebreek. FOTO: Facebook


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.