On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Man, sy hond deur Amerikaanse veghonde aangeval – VIDEO

───   HEIDRÈ MALGAS 12:59 Wed, 07 Jun 2023

Man, sy hond deur Amerikaanse veghonde aangeval – VIDEO | News Article

’n Man en sy hond is Sondag deur twee Amerikaanse veghonde aangeval toe hulle van die kerk af teruggekeer het.

Cassie de Lange (61) van Bloemfontein se hande is glo stukkend en sy hond, Rex, is van agteraf deur die veghonde bygekom. Sy poot is stukkend gebyt en sy rug is beseer.


Isabella Fourie, wat haar ontferm oor De Lange en Rex, sê twee veghonde het uit hul erf gekom en vir Rex aangeval. De Lange is beseer toe hy tussenbeide wou tree.


OFM Nuus het vroeër berig die adjunkburgemeester van die Mangaung-metro, Mapaseka Nkoane, het ’n beroep gedoen dat veghonde en ander kwaai honde verbied moet word.

Nkoane het dit op 12 November 2022 gesê, op die begrafnis van Olebogeng Mosime (8), nadat hy by sy huis in Vista Park in Bloemfontein deur sy buurman se pitbull aangeval is.

LEES OOK: Calls to ban pit bulls gain momentum in Free State

Rex is 12 jaar oud en sukkel reeds om te loop weens rumatiek.

“Hy en Rex swerf al jare deur Bloemfontein se strate. Oom Cassie het oral geswerf maar vandat hy vir Rex het, het hy besluit om in Bloemfontein te bly. Rex was ’n jaar oud toe hy hom gekry het." Sy ken De Lange al jare en probeer hom altyd help.

Hulle kon nie dadelik ná die aanval ’n veearts kry nie en was bekommerd dat hy dit nie sou maak nie.

“Ek het op Facebook om hulp gevra en teen Dinsdag het ’n veearts hom kon help,” sê sy. De Lange het so lank vir mediese hulp gewag dat, toe hulle hom uiteindelik ’n inspuiting wou gee, hy uit die hospital gehardloop het omdat hy meer bekommerd oor sy hond was.

Sy sê hy sorg baie mooi vir Rex en stel die hond se behoeftes bo dié van sy eie. Sy en drie ander mense probeer geld bymekaar maak om die veearts se rekening te betaal.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.