On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Musiek is tiener-komponis se lewe

───   HEIDRÈ MALGAS 13:16 Wed, 07 Jun 2023

Musiek is tiener-komponis se lewe | News Article
Op negejarige ouderdom het Nico klasse in komposisie begin bywoon. FOTO: Verskaf

Nico Smit (14) spog daarmee dat die Noordwes-Universiteit se simfonieorkes een van sy werke opgevoer het.

Smit sê hy het op ’n jong ouderdom besef hy het ’n musiektalent en het aan verskeie musiekprogramme deelgeneem. Sy deelname aan kleuter-klassiek het tot vioollesse gelei.

“Die groot verskil in die musiek wat ek doen, is dat alles slegs klassiekemusiek is en die tipe musiek wat ek skryf is net vir orkes of solo-instrumente.”


Hy is ’n leerling van Potchefstroom Gimnasium en sy grootste motivering is dat hy met elke optrede beter as die vorige een moet wees.



“Een van my gunstellingstukke wat ek geskryf het, is ‘Autumn Leaves’. Dit is geskryf vir harp en fluit en skets die prentjie van herfs en hoe blare rondwaai.”

Hy oorweeg ’n musiekloopbaan en wil eendag musiek aan die Noordwes-Universiteit in Potchefstroom studeer.

Nico Smit beplan om musiek aan die Noordwes-Universiteit te studeer. FOTO: Verskaf

Hy sê dit was ’n ongelooflike ervaring toe die Noordwes-Universiteit se orkes een van sy werke uitgevoer het.

“Vir enige jong musikant wat musiek wil skryf sou ek sê dat hulle ’n goeie mentor moet kry en darem ‘n onderwyser om jou te leer, want sonder musiekteorie sal jy nie weet wat jy doen nie en jy moet baie musiek skryf en altyd die melodie sing.”

Sy inspirasie is sy wonderlike musiekonderwysers.

Die musiekdosent by die Noordwes-Universiteit, André Oosthuizen, sê Smit het na hom toe gekom danksy sy vioolonderwyseres, Izel Claasen. Hy wou altyd ’n komponis word en sy het hom aangeraai om klasse in komposisie by te woon. Op negejarige ouderdom het hy dus na my toe gekom, wat baie jonk vir ’n komponis is.

“Ek dink Nico het ’n natuurlike talent en hy is baie nuuskierig en hou aan om aan goed te dink en te werk en te probeer. Ek dink dit is iets wat hom moontlik van ander leerlinge van sy ouderdom laat uitstaan,” sê Oosthuizen.

Hy sê Smit se eerste stuk wat die Noordwes-Universiteit se orkes van hom uitgevoer het, was in 2021, en die liedjie was ‘Battle Cry’, wat gaan oor ‘n geveg wat soos ’n toneel uit ’n fliek is, iets wat jy kon hoor as jy na die musiek luister.

Oosthuizen kan met trots sê dat Smit se musiek baie kompleks en indrukwekkend is.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.