On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Mafube-werkers staak ná Mei-salaris nie betaal word nie

───   09:29 Sat, 10 Jun 2023

Mafube-werkers staak ná Mei-salaris nie betaal word nie | News Article
Tom van Rensburg, Mabube-VF Plus-raadslid. Foto verskaf

Werkers van die Mafube-munisipaliteit, wat Frankfort, Cornelia, Tweeling en Villiers insluit, staak omdat dié Vrystaatse plaaslike owerheid steeds nie hul salaris vir Meimaand betaal het nie.

Die munisipale werkers se pensioenfonds het ’n hofbevel verkry om Mafube se bankrekening te bevries. Die munisipaliteit, wat onder artikel 139-ingryping is, skuld R87,3 miljoen aan agterstallige pensioenfondsbydraes vir 2012 tot 2017.

’n Betalingsooreenkoms is destyds in plek gestel, maar die munisipaliteit het dit nie nagekom nie.

“Die munisipaliteit kan ook nie bedryfsuitgawes aangaan, soos die aankoop van brandstof vir voertuie of chemikalieë vir watersuiwering nie,” sê VF Plus-raadslid Tom van Rensburg. “Dit stuur af op ’n groter diensleweringskrisis as wat die munisipaliteit tans beleef.”

‘Die ANC is nie daartoe in staat om munisipaliteite … te regeer nie’

Ná gesprekke met die LUR vir finansies, Gadija Brown, is teenoor die party bevestig dat die provinsiale tesourie besig is om ’n afbetalingsooreenkoms, ingevolge die finansiële herstelplan, tussen die munisipaliteit en die pensioenfonds te bemiddel.

Van Rensburg sê Mafube het opdrag gekry om ’n begrotingsbefondsingplan op te stel wat deur die raad goedgekeur moet word nadat die Nasionale Tesourie aangedui het sy begroting vir die 2023/2024-boekjaar is onbefonds.

Gadija Brown, Vrystaatse LUR vir finansies. Foto: Bloemfontein Courant

“Dit dien as verdere bewys dat geen ingrypingsaksie wat deur die ANC van stapel gestuur word, werk nie,” meen Van Rensburg. “Die ANC is nie daartoe in staat om munisipaliteite, departemente of die land te regeer nie en daar moet van hom ontslae geraak word.”

Sy party beloof om die implementering van die ooreenkoms in die munisipaliteit en in die Vrystaatse provinsiale wetgewer te monitor.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.