On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Twee vas wat glo Krugerrande smous in Langenhovenpark

───   10:03 Sat, 10 Jun 2023

Twee vas wat glo Krugerrande smous in Langenhovenpark | News Article
Die twee verdagtes het Krugerrande probeer smous. Foto: SAPD

Bloemfontein se blitspatrollie het twee mans aangekeer wat na bewering vervalste Krugerrande in Langenhovenpark probeer smous het.

Lede van die eenheid het Donderdag (8/6) omstreeks 11:30 op ’n wenk gereageer dat twee mans glo Krugerrande in die Towers-winkelsentrum wou verkoop het. Met hulle aankoms het hulle ’n man in ’n voertuig met GP-nommerplate aangetref.

Van die Krugerrande was duidelik vervals, maar die R70 000 kontant wat in die twee se besit gevind is, was eg. Foto: SAPD

“Hulle het afgekom op vyf Krugerrande, waarvan duidelik gesien kon word dat die een vervals is,” sê kapt. Loraine Earl, Vrystaatse polisiewoordvoerder. “Sy vermeende makker is in ’n winkel in die sentrum aangetref waar hy besig was om ’n Krugerrand te probeer verkoop.”

Blitspatrollie-lede het ook beslag gelê op R70 000 kontant en vervalste ID-dokumente, asook die voertuig waarin die eerste verdagte gesit het. Die vermeende bedrieërs, onderskeidelik 38 en 45, is in hegtenis geneem vir onder meer bedrog en vervalsing.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.