On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

SAPD integreer met privaat sektor

───   HEIDRÈ MALGAS 12:25 Sat, 10 Jun 2023

SAPD integreer met privaat sektor | News Article

Private sekuriteitsmaatskappye speel ’n groot rol in die bekamping van misdaad in die Vrystaat, en die SAPD het ’n beroep gedoen op integrasie van die openbare en private sektor.

’n Vergadering is Vrydag (9/6) in die Mangaung-polisiekantoor deur die distrikskommissaris van Mangaung Metro, genl.maj. Arthur Adams, gehou en hy het rolspelers van die private en openbare sektor oor integrasie ingelig.

Hy het gesê dit is belangrik dat diegene wat gemeenskaplike belang in die bekamping van misdaad het, moet verstaan wat integrasie is.

Hy het die rol wat die private sekuriteitsmaatskappye speel erken en gesê dat die polisie nie alleen misdaad kan bekamp nie en dié organisasies nodig het.

Joseph Renaud, hoof van Afriforum se sentraalstreek vir gemeenskapsveiligheid, het hul dienste, produkte en toerusting aangebied om die plaaslike polisie by te staan en gesê dis baie belangrik om dalk ’n klein taakspan saam te stel van die private sektor en polisiebeamptes.

Adams het genoem dat met die jongste transito-rooftog, die eerste persoon op die toneel iemand van ’n private sekuriteitsmaatskappy was, wat op sy beurt geskiet en gewond is, maar as dit nie vir daardie man was nie, sou hulle nie die verdagtes aangekeer het nie.

Hy het ook genoem dat die SAPD nie hommeltuie het nie en dat dit die private sekuriteitsmaatskappy en Afriforum se hommeltuie was wat gehelp het om verdagtes vas te trek en wapens te vind wat op die toneel gebruik is.

Verder het Adams genoem van ’n samewerking met die private sektor en erken dat hulle dit nie op hul eie kan doen nie.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.