On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Sy het ja gesê! Comrades-atleet op sy knieë ná wenstreep – VIDEO

───   14:32 Mon, 12 Jun 2023

Sy het ja gesê! Comrades-atleet op sy knieë ná wenstreep – VIDEO | News Article
Comrades-atleet hardloop 87km na verlowing. SKERMGREEP: Twitter

Vir een Comrades Marathon-atleet was die eindstreep net die begin van 'n nuwe lewe saam met sy geliefde Louise.

In 'n video wat op sosiale media versprei is, het die atleet 'n banier gedra waarop geskryf is: "Sal jy met my trou, Louise?" Sy het hom by die wenstreep in die Kingsmead-stadion in Durban ingewag en 'ja' gesê.

Die 96ste Comrades, wat ’n afdraf van Pietermaritzburg na Durban was, het Sondag plaasgevind.



In 2022 het nog 'n Comrades-atleet 'n soortgelyke spesiale oomblik met Suid-Afrika gedeel.

Die atleet van Pretoria Joseph Kagiso Ndlovu het die wenstreep oorgesteek met die boodskap: “Prudence, sal jy met my trou? Hardloop 90K vir jou.”



“Ek was in ekstase toe sy ja sê, en ons is nog net vier maande saam. Nadat ons gebid het en al die rituele en goed afgehandel het, het ek vir haar gesê ek gaan haar vra om verloof te raak, maar sy het nie geweet hoe, waar of wanneer nie,” het Ndlovu destyds gesê. Hy het gesê hulle het by die kerk ontmoet.

Joseph Kagiso Ndlovu and Prudence Dick.

“Dit is vanjaar die 10de herdenking van my vrou se dood. Ek het geglo dit is tyd vir my om aan te beweeg, daarom het ek Prudence gevra om te trou,” het hy gesê.

Dit lyk of verlowings in deftige restaurante of op wegbreeknaweke iets van die verlede is.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.