On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Polisiekaptein vul glo eie kragopwekker op staatsonkoste

───   17:32 Mon, 12 Jun 2023

Polisiekaptein vul glo eie kragopwekker op staatsonkoste | News Article
Foto ter illustrasie

’n Vryburgse polisiekaptein moet weer begin Augustus in die hof verskyn nadat hy glo sy kragopwekker volgemaak het op die staat se onkoste.

Kapt. Baile Mokgoro (48) het ’n staatsvoertuig in die middedorp met net oor die 40 liter brandstof gevul vir amper R930, en terselfdertyd na bewering sy privaat kragopwekker met R577 se petrol volgemaak.

Noordwes se teenkorrupsie-ondersoekeenheid het hom in hegtenis geneem. Hy is vrygelaat op borgtog van R500 nadat hy Donderdag (8/6) in Vryburg se landdroshof voorgekom het.

Lt.genl. Sello Kwena, provinsiale polisiekommissaris, sê hulle sal streng optree teen oneerlike werknemers om ’n sterk boodskap boodskap oor te dra dat onwettige gedrag nie geduld sal word nie.  

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.