On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vrou ry byna 200km om gewonde man by hospitaal te kry

───   TSHEHLA KOTELI 14:25 Tue, 13 Jun 2023

Vrou ry byna 200km om gewonde man by hospitaal te kry | News Article
André du Toit (54) van Askham in die Noord-Kaap. FOTO: Facebook

Justin Koper (24) is in aanhouding nadat hy na bewering André du Toit (54) in Askham naby Witdraai in die Noord-Kaap geskiet het.

Die polisiewoordvoerder, Omphile Masegela, sê Koper sal op 19 Junie 2023 in die landdroshof in Upington om borgtog aansoek doen. 

Hy is aangekla van huisbraak en diefstal, poging tot moord en die onwettige besit van ’n vuurwapen. Koper het op 8 Junie 2023 by die Du Toit-gesin se huis ingekom en hulle probeer beroof. Daar is ook ’n slaghuis by hul huis en dit is hier waar André geskiet is.

André se vrou, Cilla, moes sowat 181km na Upington ry sodat hy mediese behandeling kon kry. Die Askham-gemeenskap het later vir Koper opgespoor en hy is in hegtenis geneem.

LEES OOK: Lack of ambulances blamed for nine Northern Cape deaths

Die DA in die provinsie het vroeër die gebrek aan operasionele ambulanse die skuld gegee vir die dood van nege mense op die N1 buite Hanover. Hulle is op Maandag 13 Maart 2023 in ’n ongeluk tussen ’n taxi en ’n mynvragmotor dood.

Gerhard Engelbrecht van die DA sê ambulanse moes van Colesberg en Richmond gestuur word om die beseerdes na die hospitaal in De Aar te vervoer. Hy sê drie ambulanse wat aan Hanover toegeken is, kan nie gebruik word nie weens uitstaande lisensiehernuwings.

“Week ná week word nuwe gruverhale oor die gebrek aan EMS-vervoer in die Noord-Kaap bekendgemaak. Dit is tyd dat die Departement van Gesondheid die ineenstorting van ambulansdienste in die provinsie prioritiseer,” sê Engelbrecht.

Die provinsiale Departement van Gesondheid het nog nie op die navraag gereageer nie.

OFM News

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.