On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Twee mans binnekort in hof weens beweerde besit van perlemoen

───   08:31 Thu, 15 Jun 2023

Twee mans binnekort in hof weens beweerde besit van perlemoen | News Article
Daar is in die Oos-Kaap naby Cookhouse beslag gelê op perlemoen ter waarde van R3,1 miljoen. FOTO: SAPS

Die polisie in Cookhouse in die Oos-Kaap het twee mans in hegtenis geneem en beslag gelê op perlemoen ter waarde van net meer as R3 miljoen.

Die polisie het Maandag omstreeks 23:00 ’n wenk gekry dat ’n verdagte voertuig op die N10 vanaf Gqeberha na Cookhouse onderweg was.

Ná ’n jaagtog het die polisie daarin geslaag om die mans in die Nissan Navara-bakkie tussen Cradock en Cookhouse aan te keer.

Sewentien sakke met 6 699 perlemoen is onder ’n kombers gekry. Die geraamde straatwaarde van die perlemoen is R3,1 miljoen.

“Dit lyk of misdadigers nie ag slaan op ons waarskuwings nie. Hulle moet weet dat ons nie sal huiwer om hulle in hegtenis te neem as hulle ons paaie gebruik om onwettige goedere te vervoer nie. Verlede maand is twee mans ook met onwettige perlemoen ter waarde van R3 miljoen in hegtenis geneem,” sê die Sarah Baartman Distrikskommissaris, Zolani Xawuka.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.