On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Skrik Noord-Kaapse vonnisse misdadigers af?

───   09:12 Sun, 18 Jun 2023

Skrik Noord-Kaapse vonnisse misdadigers af? | News Article

Die Noord-Kaapse Nasionale Vervolgingsgesag het die afgelope week drie hofoorwinnings vir verkragtingslagoffers in die provinsie behaal.

'n Pa kry agt jaar vir die verkragting van sy vierjarige, en 'n 43-jarige kry 'n opgeskorte vonnis van vyf jaar vir statutêre verkragting. Maar is die vonnisse gepas?

Mothibistad-pa gevonnis

'n Mothibistad-streekhof het 'n pa agt jaar gevangenisstraf opgelê weens die verkragting van sy minderjarige dogter. Die hof het gehoor die 26-jarige ouer het sy vierjarige kind in 2019 verkrag.

Die kind se ma het haar kleuter se wonde opgemerk terwyl sy haar gebad het en die voorval by die polisie aangemeld, wat later bevestig het dat 'n verkragting plaasgevind het.

Die pa is in hegtenis geneem en twee jaar later tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis.

Oom kry 18 jaar

Op 12 Junie het die Galeshewe-streekhof 'n 56-jarige oom gevonnis vir die verkragting van sy 13-jarige familielid.

Die verkragting het in 2018 plaasgevind toe die tiener by haar neef gekuier het.

Die oom het die kinders na sy huis ontbied, waar hy die tiener voor haar neef seksueel aangerand het.

Die 13-jarige het haar ouma in kennis gestel, wat dadelik 'n klag by die polisiestasie gelê het.

Die man is dieselfde dag in hegtenis geneem en was in aanhouding tot sy vonnisoplegging op 12 Junie 2023 in die Galeshewe-streekhof.

Hy is tot 18 jaar direkte gevangenisstraf vir verkragting gevonnis en sy naam is in die register vir seksuele oortreders geregistreer.

Opgeskorte vonnis vir statutêre verkragting

Die Upington-landdroshof het ook op 12 Junie 'n opgeskorte vonnis van vyf jaar aan die 43-jarige Gert Isaks opgelê vir die verkragting van 'n 12-jarige meisie.

Isaks het die meisie verlede jaar by verskillende geleenthede in Keimoes verkrag en is op 8 Desember 2022 in hegtenis geneem.

Saak van poging tot verkragting teruggetrek

Intussen is 'n 26-jarige vermeende dief borgtog geweier vir die poging tot verkragting van 'n 30-jarige vrou terwyl sy op 22 Maart 2021 geslaap het.

Die vrou het wakker geword en die man, Shaun Klein, het uit die huis gevlug, maar is later in hegtenis geneem.

Klein is op 13 Junie 2023 in die Garies-streekhof tot drie jaar gevonnis vir huisbraak, en die saak van poging tot verkragting is teruggetrek.

Opgeskorte vonnis vir aanranding

In Kenhardt is Carmin Prins (21) daaraan skuldig bevind dat hy 'n 10-jarige seun aangerand het deur hom oor sy hele lyf te skop.

Hy is gevonnis vir aanranding met die doel om ernstig te beseer, tot 18 maande gevangenisstraf wat vir vyf jaar opgeskort is.

Dié vonnisse dien nie as 'n afskrikmiddel as na die nuutste misdaadtendense gekyk word nie.

Onlangse misdaadstatistiek toon toenemende geweldsmisdaad in Suid-Afrika, spesifiek moord en aanranding.

Hierdie misdaad toon 'n noemenswaardige toename gedurende die vierde kwartaal van 2022/23 in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar.

Alkohol- en dwelmverwante misdrywe wat tot hierdie getalle bydra, is 'n groot bron tot kommer op maatskaplike vlak.

IVP-LP, Zandile Majozi, het ná Cele se voorlegging gesê die toename in misdaad in Suid-Afrika kan nie so voortgaan nie. "Ons kan nie heeltyd 'n toename in moord hê nie. Dit kan nie wees dat ons voortgaan met die situasie wat ons het nie."

Cele het gesê "ons is nie uit die tonnel nie, maar ons kan 'n bietjie van die lig sien, ons hoop net dit is nie die trein nie".

OFM Nuus






@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.