On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Knights staan bankvas agter die Cheetahs

───   MORGAN PIEK 09:20 Mon, 19 Jun 2023

Knights staan bankvas agter die Cheetahs | News Article

Die ITEC Knights staan bankvas agter die Toyota Cheetahs voor dié week se groot Curriebeker-eindstryd teen die Pumas in Bloemfontein.

Die Cheetahs speel vandeesweek vir die 16de keer in die eindstryd van die wêreld se oudste en taaiste plaaslike rugbykompetisie, en hul visier is op ‘n sewende titel.

Die Pumas is egter die verdedigende kampioene en het verlede jaar in Bloemfontein tydens die halfeindstryd die Cheetahs in die doodsnikke met 38-35 getroef.

Die hoof uitvoerende beampte van Vrystaat Krieket, Johan van Heerden, het aan OFM Sport gesê die Cheetahs kan op hulle ondersteuning staatmaak.

Saterdag se groot eindstryd by die Toyota-stadion skop om 16:00 af.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.