On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vyf verdagtes binnekort in hof ná skietgeveg met polisie

───   ZENANDE MPAME 15:47 Wed, 21 Jun 2023

Vyf verdagtes binnekort in hof ná skietgeveg met polisie  | News Article

Die verdagtes is in hegtenis geneem en aangekla van poging tot moord, die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen, ontvoering, verset teen inhegtenisnaming en die versuim om ’n voertuig te stop in reaksie op ’n polisiebeampte se bevel.

Die vyf mans is Sondag in die vroeë oggendure in Maruping opgemerk. Hulle word verdink van die moord op ’n 42-jarige man.

In 'n gesamentlike operasie tussen die polisie en die blitspatrollie het hulle die verdagtes in ’n motor onder weg op die Mothibistad-pad opgemerk. 

Beamptes wou die verdagtes voorkeer, maar hulle het die polisie se bevele verontagsaam en weggejaag. Die polisie het hulle agternagesit.

’n Polisiebeampte het gesien hoe een van die passasiers iets wat lyk soos ’n vuurwapen op hulle rig, en ’n skietery het gevolg. Die verdagte se motor het tot stilstand gekom. 

Toe die polisie dit deurgesoek het, het hulle twee mense in die kattebak gevind wat vermoedelik die gesoekte moordverdagtes is. Een van hulle is beseer en is daarna in die hospitaal aan sy beserings dood. 

Die res sal binnekort in die landdroshof in Kuruman verskyn. 

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.