Central SA
DBV red uil en beseerde bobbejaan─── HEIDRÈ MALGAS 15:44 Thu, 22 Jun 2023

Die Bloemfonteinse DBV het 'n uil gered wat vir minstens drie dae in ’n heining vasgesit het, asook 'n bobbejaan met ernstige beserings.
Volgens DBV-inspekteur Werner Botha is die uil ontdek nadat iemand ’n foto daarvan op sosiale media geplaas en sy lyding geïgnoreer het.
'n Foto van die uil is op sosiale media geplaas.
Die DBV het die persoon se adres opgespoor en kon ingryp. “Die DBV doen 'n beroep op mense om in te gryp en op te tree as hulle diere in nood vind.”
Die DBV het ook 'n bobbejaan in Ladybrand aangetref wat ook ernstige beserings aan sy linkervoorpoot gehad het.
Die uil en bobbejaan het albei mediese behandeling gekry.
Botha sê hy is teleurgesteld in mense wat die lyding van diere ignoreer en hulle gebruik om 'n vinnige wins te maak. Hy glo dat ware diereliefhebbers hierdie diere eerder sal help as om hul lyding te gebruik vir aandag op sosiale media.
‘n Saak van dieremishandeling en oortreding van die Vrystaatse natuurbewaringsverordeninge is aanhangig gemaak en die persoon het reeds in die hof verskyn.