On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Eskom skors veiligheidshoof te midde van tenderondersoek van miljoene

───   14:22 Fri, 23 Jun 2023

Eskom skors veiligheidshoof te midde van tenderondersoek van miljoene | News Article
General manager for Eskom security, Karen Pillay, is on precautionary suspension. PHOTO: The Sowetan/Alaister Russell

Eskom het sy hoof van veiligheid, Karen Pillay, geskors ná bewerings van ongerymdhede wat 'n veiligheidstender behels.

City Press berig Pillay is geskors hangende 'n ondersoek na haar rol in die toekenning van 'n kontrak van R500 miljoen aan die Fidelity Services Group oor ’n tydperk van drie maande sonder enige tenderbodproses.

Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, het die skorsing bevestig, maar die bewerings oor die tender ontken.

"Eskom is weereens verkeerd aangehaal deur City Press oor redes waarom adv. Pillay voorlopig geskors is. Eskom bevestig egter dat Pillay voorkomend geskors is sodat die bewerings wat teen haar gemaak word ondersoek kan word."

“Geen verdere kommentaar sal oor hierdie aangeleentheid gelewer word totdat die ondersoek afgehandel is nie,” sê Mokwena.

Volgens City Press het Pillay en Jan Oberholzer, voormalige bedryfshoof van Eskom, die kontrak op 'n noodgrondslag aan Fidelity toegeken sonder om enige ander veiligheidsmaatskappy te nader om daarvoor te tender.

Die Vereniging van Private Sekuriteitseienaars van Suid-Afrika beweer die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, was betrokke in die omstrede besluit.

Die woordvoerder Sindiswa Changuion sê meer koppe moet rol vir verkwiste uitgawes.

"Terwyl ons as vereniging tevrede is met die skorsing van Karen Pillay, glo ons dat meer koppe behoort te rol in verband met die wanbesteding van belastingbetalers se geld. Ander senior amptenare wat hierdie tender afgeteken het, moet ook verantwoordlikheid aanvaar.

“Die voormalige uitvoerende hoof, De Ruyter, moet teruggebring word na die land om ook verantwoording te doen oor sy betrokkenheid in die sage.”

Die vereniging het ook gevra dat die voormalige Eskom-raadslid Busisiwe Mavuso ondersoek word.

“Die besluit om ’n multimiljoenrand-transaksie aan Fidelity op ’n skinkbord te gee is goedgekeur en befonds deur verskeie organisasies, insluitende Business Leadership South Africa – wie se uitvoerende hoof Busisiwe Mavuso is.

“Ons doen ook ’n beroep op Mavuso om ondersoek te word vir haar betrokkenheid in die befondsing van insameling van intelligensie. Die intelligensie het blykbaar die bevindinge gefabriseer wat die toekenning van ’n noodveiligheidskontrak regverdig het,” sê Changuion.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.