On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Classic Sundays with Tony
Listen Live Streams

Central SA

Ma, dogter en skoonseun dood aangetref by dagsorgsentrum

───   HEIDRÈ MALGAS 15:26 Thu, 29 Jun 2023

Ma, dogter en skoonseun dood aangetref by dagsorgsentrum | News Article
Die liggame van Betsie Kruger (voor regs), haar dogter Janine en skoonseun Christo Theron (agter) is in die huis gevind. Die ouma was moontlik aan die slaap tydens die moorde. FOTO: Facebook

‘n Gesin in die Wilgehof-omgewing in Bloemfontein is dood by hul Byenes-dagsorgsentrum aangetref.

Die liggame van Betsie Kruger (dagsorgmoeder/eienaar), haar dogter Janine en skoonseun Christo Theron is in die huis gevind.

Janine en haar ma het Saterdag die Cheetahs in die Curriebeker-eindstryd in Bloemfontein ondersteun. FOTO: Facebook

Volgens ’n Facebook-plasing was die 91-jarige ouma dalk ook in die huis tydens die moorde. Sy het waarskynlik geslaap. In dié Facebook-plasing sê ’n vrou sy het verby die Nasionale Hospitaal gery en ‘n baie ou tannie met slaapklere langs die pad sien loop. Daar was 'n vrou by haar wat gesukkel het om die bejaarde vrou regop te hou.

“Ek het by hulle gestop en gevra of ek hulle êrens kan aflaai. Die tannie het nie gepraat nie. Die vrou het beduie hulle bly oorkant die sirkel. Ek vra toe of daar mense is wat na die tannie sal kyk en of sy kinders het? Toe praat die vrou van mense wat dood is gisteraand, maar sy het deurmekaar gepraat. Toe ek by die sirkel kom, is die pad toe met baie polisie. Ek stop toe by die polisie en sê die mense sê hulle bly by daai huis wat afgesper is. Polisie het gehelp om haar uit my kar te kry,” het die vrou geskryf.

Janine en Christo Theron is in Desember 2021 getroud. FOTO: Facebook

Die polisiewoordvoerder Lorraine Earle sê die drie liggame is dié van twee vroue en een man. Twee slagoffers is in hulle dertigs en een in die sestigs. Die presiese tyd van hul dood moet nog bepaal word.

Sosiale media gons met simpatie vir familie en hulle onthou “Tannie Betsie” as ‘n besonderse vrou met ’n goeie hart wat omgegee het vir mense.

OFM Nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.