On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

NVG lê beslag op kar, bottel drank ná omkopery in Klerksdorp

───   12:46 Fri, 30 Jun 2023

NVG lê beslag op kar, bottel drank ná omkopery in Klerksdorp | News Article
Die silwerkleurige Vivo Polo waarop die NVG beslag gelê het nadat die hof bepaal het dit in die uitvoer van ? misdryf gebruik is. FOTO: Facebook

Die Nasionale Vervolginggesag in Noordwes het ’n bewaringsbevel bekom en beslag gelê op ’n Polo Vivo, kontant van meer as R60 000 en ‘n bottel 15 jaar-oue whisky wat glo gebruik is in ’n beweerde korrupsiesaak in Klerksdorp.

Die bevel spruit voort uit 'n voorval op 23 Oktober 2022 toe twee verdagtes by die Valke se kantoor in Klerksdorp in hegtenis geneem is nadat hulle glo 'n polisiebeampte probeer omkoop het. Die verdagtes is betrek by ’n ondersoek oor die onreëlmatige aanstelling van diensverskaffers deur die munisipaliteit van Rustenburg en het van Sandton na Klerksdorp gereis om die beampte te woord te staan.

“Die twee verdagtes het 'n bedrag van R200 000 aan die polisiebeampte aangebied om die polisiedossier in die Rustenburg-korrupsie saak te vernietig,” sê Henry Mamothame, woordvoerder van die NVG in Noordwes.

“Tydens hul arrestasie het hulle 'n bedrag van R25 000 en 'n bottel 15 jaar-oue whisky aan die polisiebeampte oorhandig. 'n Verdere bedrag van R41 400 is in die Polo Vivo ontdek waarvoor die verdagtes nie rekenskap kon gee nie.

“Die hof het bepaal dat die geld deel was van die omkoopgeld wat aan die polisiebeampte gebied is, en dat die motor in die beweerde misdryf gebruik is om van Sandton na Klerksdorp te reis om die polisiebeampte om te koop om teen sy mandaat op te tree en om 'n bespotting van die hele strafregstelsel te maak.”

Die saak word op 10 Julie 2023 in die hof hervat.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.