On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Vryburg sonder krag weens kabeldiefstal

───   11:17 Sat, 01 Jul 2023

Vryburg sonder krag weens kabeldiefstal | News Article
Die Vryburg-transformator se koperkabels is gesteel. Foto: Verskaf

Inwoners van die Naledi Plaaslike Munisipaliteit en omliggende gebiede in Vryburg, Noordwes, is in kennis gestel dat hulle sonder elektrisiteit sal wees weens vandalisme Donderdagaand by die Royden-substasie.

Die plunderaars het voordeel getrek uit beurtkrag en oornag die koperkabels van die transformator gesteel.

Die koperkabels van die transformator is gesteel. Foto: Verskaf

Die munisipale bestuurder, Modisenyane Segapo, sê die kontrakteur werk daaraan om die kragtoevoer te herstel.

Vryburg-inwoners is sonder krag weens kabeldiefstal. Foto: Verskaf

Die Noordwes-polisie het nie op OFM Nuus se navraag gereageer nie. Die munisipaliteit het 'n beroep op inwoners gedoen om vandalisme van munisipale infrastruktuur aan te meld aangesien dit dienslewering beïnvloed.

OFM Nuus/Joba Matsheng

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.