On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Dokters positief oor Derick Hougaard se herstel

───   15:41 Mon, 03 Jul 2023

Dokters positief oor Derick Hougaard se herstel | News Article
Derick Hougaard, Loftus se ‘Liefling’. Foto: Facebook

Die gewese Springbok-rugbyspeler Derick Hougaard is op die herstelpad nadat hy Vrydag uit die hospitaal ontslaan is, sê sy vriendin Nádine.

Hy was drie weke in die hoësorgeenheid van die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria.


Die sangeres Nádine sê ernstige longontsteking is by Hougaard gediagnoseer.

"Hy is terug by die huis; hy is baie moeg en het baie gewig verloor. Hy is uiters uitgeput, maar tot dusver gaan dit goed. Elke dag is 'n dag nader aan volkome herstel.

"Hy is steeds op 'n suurstofmasjien wat hy vir ten minste 16 uur per dag moet gebruik, en twee liter suurstof per minuut. Ons maak seker dat hy gemaklik is, en hy eet weer, en daar is baie medikasie wat hy moet neem, maar die dokters is baie positief oor sy pad na herstel.”


Nadine sê Hougaard se stembande is nog nie beter nie. "Hy kan kommunikeer, maar ná drie weke van suurstof ontvang en die ondersteuning van 'n ventilator, is sy stembande steeds opgeswel. Hy het nie baie suurstof om behoorlik te praat en te projekteer wanneer hy praat nie, so hy praat baie saggies, en hy is nog redelik swak. Ons probeer dit rustig neem wanneer ons met hom praat.” 

Hougaard, bekend as die Liefling van Loftus, hetan 2002 tot 2008 meer as 100 wedstryde vir die Bulle gespeel.

In 2002 se Curriebeker-eindstryd teen die Goue Leeus het Hougaard Naas Botha se rekord van 15 jaar verbeter vir die hoeveelheid punte aangeteken in 'n Curriebeker-eindstryd. Hougaard het toe 26 punte aangeteken.

Hy het as 20-jarige sy toetsbuiging vir die Springbokke in die 2003 Wêreldbeker-rugbytoernooi gemaak.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.