On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vaal-omgewingsgroep beskryf hofuitspraak as oorwinning

───   13:02 Fri, 07 Jul 2023

Vaal-omgewingsgroep beskryf hofuitspraak as oorwinning | News Article
Die besoedeling van die Vaalrivier is 'n oortreding van die Water- en Omgewingswette. Foto: Twitter/Weather SA

Die omgewingswaghondgroep, Save the Vaal Environment, het die onlangse uitspraak van die hooggeregshof in Johannesburg as 'n oorwinning vir die gemeenskap beskryf.

Die hof het verskeie ministers 45 hofdae gegee om beëdigde verklarings in te dien waarin maatreëls uiteengesit word wat geneem is om die vloei van onverwerkte riool in die Vaalrivier te voorkom.

Die besoedeling van die rivier is 'n oortreding van die Water- en Omgewingswette.



Die groep se ondervoorsitter, Maureen Stewart, sê: “Hierdie bevel beveel die Minister van Water en Sanitasie en die Minister van Omgewingsake, asook Finansies, en die Gautengse premier, om in 'n beëdigde verklaring te verduidelik wat gedoen is, omdat niks regtig afgehandel is nie. Dan moet hulle vir ons 'n plan gee met befondsing en ’n skedule oor watter planne wanneer in die toekoms gaan gebeur. 

“Ons is baie verheug. Ons glo dit is 'n oorwinning, nie net vir SAVE nie, maar vir die hele gemeenskap wat gely het onder die impak van die besoedeling.”

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.