On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Gesteelde goedere behoort aan slagoffer van ontvoering; twee in hof

───   08:45 Mon, 10 Jul 2023

Gesteelde goedere behoort aan slagoffer van ontvoering; twee in hof | News Article
Die soektog na die vermiste Deon Nel en sy Mazda Drifter duur voort. Foto: Missing in SA

Twee verdagtes, ’n man (36) en ’n vrou (30), wat tydens ’n ondersoek na ’n beweerde ontvoering in hegtenis geneem is, sal na verwagting Maandag (10/7) in die Klerksdorp-landdroshof verskyn weens die onwettige besit van vermoedelik gesteelde goedere.

Die verdagtes is Vrydag (7/10) by 'n huis in Randlespark, Klerksdorp, in hegtenis geneem. Dit was nadat leidrade die ondersoekspan na die huis gelei het. Die span, wat bestaan het uit beamptes van verskeie polisiëringseenhede en private sekuriteitsmaatskappye, was besig om die ontvoering van Deon Nel (30) te ondersoek. Nel is na bewering op Donderdag (6/7) in Wolmaransstad ontvoer. Volgens inligting het Nel nie teruggekeer huis toe nie nadat hy 'n plaaslike kroeg besoek het. Hy is as vermis geregistreer, maar die saak is later na ontvoering verander nadat ’n losprys geëis is.

’n Soektog het gelei tot die inhegtenisneming van twee verdagtes nadat van Nel se besittings – 'n horlosie, klere, 'n hoed, bankkaarte, identiteitsdokument, asook 'n selfoon – in die huis gevind is. By verdere ondersoek is bloedvlekke in die huis gekry.

Intussen is ’n derde verdagte deur die polisie ondervra. Die ondersoek, insluitend die soektog na Nel en sy Mazda Drifter, duur voort.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.