On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Beskuldigdes in Welkom-landdroshof weens beweerde bedrog

───   HEIDRÈ MALGAS 15:55 Mon, 10 Jul 2023

Beskuldigdes in Welkom-landdroshof weens beweerde bedrog | News Article

Drie verdagtes, onderskeidelik 45, 46 en 48 jaar oud, het in die Welkom-landdroshof verskyn nadat hulle in Bloemfontein en Welkom in hegtenis geneem is weens bedrog.

Volgens die Valke-woordvoerder, Christopher Singo, word die verdagtes betrek by ’n geval van bedrog wat verband hou met die Nyakallo-stormwaterstelsel. Dié projek is in 2017 deur die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit geïmplementeer. Die munisipaliteit het toe twee diensverskaffers, 'n kontrakteur en 'n konsultant aangestel.

Die saak teen Nokwanda Veronica Xamesi (45), Ernest Thapelo Kgomo (48) en Tubatsi Masia (46) is tot 31 Augustus 2023 uitgestel en hulle is elkeen R15 000 borgtog toegestaan.

Tubatsi Masia (46).

Nokwanda Veronica Xamesi (45).

Ernest Thapelo Kgomo (48).

“Een van die verdagtes, wat ’n voormalige werknemer van die munisipaliteit is, is as ingenieur in die projekbestuureenheid aangestel. Bedrieglike betalings van meer as R7 miljoen is aan die kontrakteur gemaak vir dienste wat nooit gelewer is nie, volgens bevindings van ’n voorlopige oudit deur die Ouditeur-Generaal,” het Singo gesê.

Dit blyk dat die kontrakteur bevestig het dat die werk voltooi is, wat die onoordeelkundige betalings moontlik gemaak het. Verder word beweer dat die projekbestuurseenheid se ingenieur die konsultant ondersteun het, en die betaling goedgekeur het.

“Ná die ondersoek is die saak aan die Hawks oorhandig. Dit het gelei tot die inhegtenisname van die verdagtes. Die saak word verder ondersoek.”

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.