On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Laurika
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

DA ontevrede oor geld vir paaie gebruik gaan word vir stadion in Upington

───   15:17 Tue, 11 Jul 2023

DA ontevrede oor geld vir paaie gebruik gaan word vir stadion in Upington | News Article

Die DA in die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit glo die burgemeester en munisipale bestuurder moet aanspreeklik gehou word vir die herrie oor die opknappings aan die Mxolisi Dick Jacobs-stadion.

“Ons is nie teen die idee van opknappings gekant nie. Ons loop oor van trots dat Upington City nou vir Upington in ’n hoër liga sal verteenwoordig, ons stem saam met Safa dat opgraderings benodig word en ons sien uit na die nuwe ontspanningsgeleenthede vir Upington se jeug.

“Maar ons is egter sterk daarteen gekant dat die munisipaliteit beoog om munisipale geld uit die kapitaalbegroting te gebruik. Hierdie geld is reeds opsygesit vir die broodnodige aankoop van drie watervragmotors sowel as masjinerie vir die herseël en herstel van paaie. Ons kan nie bekostig dat dienste, wat noodsaaklik vir gemeenskappe se gesondheid en veiligheid is, in die gedrang kom nie.

“Die munisipaliteit het nou al vir 18 maande lank geweet dat opknappings benodig word, maar het versuim om die nodige geld te bewillig. Die beplande opgraderings word nie in die munisipale ontwikkelingsplan ingesluit nie en daar was nie voldoende openbare deelname nie. Dit sal dus ’n oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur wees om met die opgraderings voort te gaan,

“Dit is duidelik dat Dawid Kruiper self dié noodgeval geskep het. Nou wil dit ’n self-gemaakte probleem oplos met geld wat dit nie het nie en op ’n manier wat nie wettig is nie.

“Ek het as Sweep in die raad gesê dat die munisipaliteit belanghebbendes op provinsiale en nasionale vlak moet nader om hierdie geld te bekom, sodat ons die tipe stadion kan verskaf wat ons span verdien. Ons moet die IDT, die Lotto, en ander strukture wat infrastruktuur- en sportontwikkeling steun, nader om ons hiermee te help.

“Die DA sal ook die kwessie na ons provinsiale woordvoerder vir Sport, Kuns en Kultuur verwys om verder deur die Wetgewer te dryf,” sê Flip van der Steen, DA-sweep van die Dawid Kruiper-munisipaliteit.

Mediaverklaring


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.