Central SA
Die Best of Bloemfontein – Bloemfontein Readers’ Choice Awards is terug!─── HEIDRÈ MALGAS 08:39 Wed, 12 Jul 2023
Die Best of Bloemfontein – Bloemfontein Courant Readers’ Choice Awards is een van dié stad se mees opwindende kompetisies waar ondernemings kan wys wie die beste is.
Sazly Moses, Mahareng-redakteur, sê die toekennings is die publikasie se belangrikste bydrae tot die plaaslike ekonomie en samelewing. Sy sê dat hierdie toekennings die beste manier is waarop lesers hul gunsteling- plaaslike onderneming kan vereer. Hierdie kompetisie is die ware definisie van “local is lekker” en stel die standaard vir alle plaaslike ondernemings.

Sazly Moses, Bloemfontein Courant se redakteur.
“Van die oomblik wat die toekennings bekend gemaak word, doen ondernemings alles in hul vermoë om in die agt kategorieë te wen. Mahareng Media and Advertising, trotse uitgewers van die Bloemfontein Courant en die tydskrif Get It, sal hierdie jaar weer ’n propvol kiesers-publikasie met ’n kleurvolle uitleg publiseer wat die Rosestad verteenwoordig," sê sy.
Lesers kan aanlyn stem vir wie hulle glo die beste in elke kategorie is. Stemme word geoudit voordat die wenners in die Oktober-uitgawe aangekondig word. Ondernemings kan uitsien na benoemings in een of meer van die volgende kategorieë: Living in Bloem; Services; Shopping; Dining Out; Eat, Drink …; … And Be Merry; Glam It Up; en Kids.

“Lesers kan stem by www.bloemfonteincourant.co.za van 3 Augustus tot 11 September 2023.
“Verlede jaar het ons die tiende herdenking van die Best of Bloemfontein – Bloemfontein Courant Readers’ Choice Awards gevier, asook die ondernemings en mense wat al tien jaar gewen het. Lesers het nog elke jaar vir OFM en Angels Boutique gestem," vertel Moses.
Lesers wat wil stem moet onthou om aanlyn hul naam, e-posadres en telefoonnommer te verskaf. Minstens 60% van die besonderhede moet voltooi word. Slegs aanlyn-inskrywings sal aanvaar word. As ’n persoon meer as tien keer per afdeling stem, sal die stemme nie tel nie. Die finale uitslae sal deur die ouditeure bevestig word.
