On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Thabo Bester: Korrektiewe Dienste ontken voorkeurbehandeling

───   09:20 Fri, 14 Jul 2023

Thabo Bester: Korrektiewe Dienste ontken voorkeurbehandeling | News Article
SCREENGRAB: SABC News

Die Departement van Korrektiewe Dienste het bewerings van voorkeurbehandeling teenoor die verkragter en moordenaar Thabo Bester en sy lewensmaat Nandipha Magudumana ontken.

Makgothi Thobakgale, die Nasionale Kommissaris van Korrektiewe Dienste, het Donderdagoggend die vrouefasiliteit in Kroonstad in die Vrystaat besoek waar Magudumana aangehou word. Sy word volgens die SAUK in 'n gemeenskaplike sel in die hospitaal aangehou. Thobakgale het gesê dit is omdat sy 'n hoëprofiel-oortreder is, wat nog ondersoek word. Dit is glo ook om te verseker dat sy nie met die ondersoek inmeng nie.”

Magudumana wou nie die media sien of met joernaliste praat nie.

Moyakazi Dlamini, ’n gevangene by Kroonstad-vrouegevangenis, sê sy het met Magudumana by die fasiliteit se salon gesels. Volgens die SAUK het Dlamini gesê dat sy haarself opgelei het deur kursusse wat in die tronk aangebied word.



Thobakgale is ook deur provinsiale en korrektiewe dienste-amptenare vergesel toe hy Bester se sel by die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria Donderdagmiddag tydens 'n roetine-tronkinspeksie besoek het.

Luister na OFM Nuus se potgooireeks: https://bit.ly/OFMSel35


Bester het glo tydens die inspeksie 'n lys klagtes voorgelê en ook geweier om met die media te praat, óf dat sy foto geneem mag word. Hy het volgens die SAUK glo iets geskree wat klink asof hy beweer dat hy gemartel word, ’n bewering wat die korrektiewe dienste sedertdien ontken het. Thobakgale het gesê Bester het niks daarvan aan hom genoem nie en lyk ook nie soos iemand wat gemartel word nie. Hy sê Bester se besware hou eerder verband met sy fisiese omgewing.

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.