On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Skelms vra geld op Marius Weyers se vals Facebook-profiel

───   ELSABÉ DE JAGER 11:43 Fri, 14 Jul 2023

Skelms vra geld op Marius Weyers se vals Facebook-profiel | News Article
Marius en wyle Evette Weyers.

Die geliefde beeldhoukunstenaar Evette Weyers is vroeër die week op Rooiels oorlede. Sy was 77 jaar oud.

’n Dringende waarskuwing is deur haar man, Marius Weyers, gerig dat die versoek onwaar is vir geldelike hulp om onder meer haar begrafniskoste te dek. Hy vra dat sy waarskuwing wyd versprei sal word en dat die publiek nie in hierdie strik sal trap deur te reageer op die vals boodskap nie.

Dit volg nadat ’n vals Facebook-profiel in die naam van die akteur Marius Weyers geskep is.

Marius Weyer se vals Facebook-profiel.

Die Amerikaanse sagteware sekuriteitsgroep McAfee sê dit is noodsaaklik dat elke gebruiker op sosiale media gereeld moet kyk vir tekens van ’n moontlike vals Facebook-profiel. Die vals rekeninge het gewoonlik nie baie foto’s op nie. Persoonlike inligting sal onrealisties en té eenvoudig voorkom en dikwels kan geen boodskappe gestuur word nie.

Die grootste motivering agter die skep van ’n vals Facebook-profiel, is om deur die diefstal van identiteit toegang tot geld te bekom, soos ook in Weyers se geval.

Weyers se vriende op Facebook het vanuit alle oorde hul misnoë oor die vals inligting uitgespreek en opnuut hul medelye in ’n moeilike tyd aan hom betuig.

OFM Nuus/Elsabé de Jager


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.