Central SA
Bloemfontein AfriForum neem deel aan nasionale patrollie─── HEIDRÈ MALGAS 10:18 Sat, 15 Jul 2023
Bloemfontein AfriForum het hulle tweede nasionale patrollie op 14 Julie met gesamentlike rolspelers gehou.
AfriForum se Christo Groenewald sê dit vorm deel van ‘n massa misdaadvoorkomingsaksie.
“Buurtwagte verhoog sigbaarheid in die buurte en samewerking met verskeie rolspelers is ook ‘n bewys dat misdaad nie in Bloemfontein verwelkom word nie, “ sê Groenewald.
Bloemfontein se nege buurtwagtakke word ook vergesel deur SAPD se stasiebevelvoerders van Parkweg, Bayswater, Bainsvlei, Navalsig en Heidedal.
Die veiligheidsvennote wat ook betrokke is, sluit VR Sekuriteit, VR Med, Life Rosepark EMS, ITR sekuriteit, Pro Force Sekuriteit, Bloemsec Sekuriteit, Securiforce Sekuriteit, Fidelity ADT sekuriteit sowel as GPFs in.
