On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Onwettige mynwerkers kry lewenslange tronkstraf vir moord

───   HEIDRÈ MALGAS 11:34 Sat, 15 Jul 2023

Onwettige mynwerkers kry lewenslange tronkstraf vir moord | News Article

Vier onwettige mynwekers is vandeesweek in die Noordwes-streekhof op Klerksdorp lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord op Joseph Lebone Maputla (44).

Polisiewoordvoerder Adéle Myburgh sê die Provinsiale Kommissaris van Noordwes, Luitenant-generaal Sello Kwena, en die Direkteur vir Openbare Vervolging, dr. Rachel Makhari, verwelkom die lewenslange tronkstraf.

Volgens die getuienis wat deur die hof aangehoor is, is Maputla en sy gesin vroeg in die oggendure Donderdag 23 Augustus 2018 by hul huis in Chris Hani-straat, Uitbreiding 8, Khuma – naby Stilfontein – aangeval.

“Hy het probeer vlug, maar het verskeie beserings aan sy kop opgedoen. Sy vrou is ook aangeval en hulle huis is geplunder. Toe die polisie op die toneel aankom, het hulle Maputla bewusteloos in die erf van 'n buurman gevind en hy is inderhaas na 'n plaaslike hospitaal geneem, waar hy weens sy beserings beswyk het,” sê Myburgh.

Die onwettige mynwerkers wou 'n groter myngebied bekom.

Sy sê ook die motief vir hierdie aanval was vir 'n mededingende groep onwettige mynwerkers om 'n groter myngebied te verseker.

Uitstekende ondersoeke deur die ondersoekbeampte Etienne Fourie van Khuma Speurdienste, het gelei tot die inhegtenisneming van vyf verdagtes. Met verdere hulp van Leanne Veldskoen, die staatsaanklaer, is die beskuldigdes as volg veroordeel:

1.     Matla Shea (45): Lewenslange gevangenisstraf vir moord en 5 jaar gevangenisstraf vir beskadiging van eiendom.

2.     Lebitso Thapelo Shea (35): Lewenslange gevangenisstraf vir moord, 5 jaar gevangenisstraf vir aanranding met die opset om ernstige liggaamlike skade aan te rig, en 5 jaar gevangenisstraf vir beskadiging van eiendom.

3.     Peete Shea (30): Lewenslange gevangenisstraf vir moord en 5 jaar gevangenisstraf vir beskadiging van eiendom.

4.     Ramatlad Mabae Phooko (41): Lewenslange gevangenisstraf vir moord en 5 jaar gevangenisstraf vir beskadiging van eiendom.

5.     Lubabalo Godfrey Sihluku (35): 5 jaar gevangenisstraf vir beskadiging van eiendom.

Beskuldigdes 1 tot 4 is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit in terme van Artikel 103 van die Vuurwapenbeheerwet, Wet No. 60 van 2000.

OFM Nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.