Central SA
LUR skenk materiaal vir vroeë kinderontwikkeling aan crèche─── ZENANDE MPAME 14:34 Mon, 17 Jul 2023
Die Noord-Kaap se LUR vir Onderwys, Zolile Monakali, het vandag Busy Bee Crèche in Van Wyksvlei besoek om materiaal vir vroeë kinderontwikkeling te oorhandig.
Dit was deel van die inisiatief om Nelson Mandela-dag te vier.
“Ons moet verseker dat ons ’n stewige grondslag vir ons kinders in sentrums vir vroeë kinderontwikkeling lê. Elke kind is ’n nasionale bate en elke kind moet sukses behaal,” sê Monakali.
Die Noord-Kaap se LUR vir onderwys, Zolile Monakali. Foto: Facebook
Mandeladag word wêreldwyd jaarliks op 18 Julie herdenk. Mense van oor die wêreld heen skenk op Mandeladag 67 minute van hul tyd vir gemeenskapsdiens om sy nalatenskap te eer.
Monakali het speelgoed, skryfbehoeftes, boeke, verwarmers, matrasse en skoonmaakmiddels aan die crèche oorhandig.
