On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Polisie in Kakamas ondersoek verkragtingsaak

───   12:56 Tue, 18 Jul 2023

Polisie in Kakamas ondersoek verkragtingsaak | News Article
Die vermeende verkragter wat in die Noord-Kaap gesoek word.

’n Verdagte word gesoek ná die beweerde verkragting van ’n vrou wat op 26 Junie 2023 in die wingerde naby Kakamas se nywerheidsgebied gaan draf het. Sy het voetstappe gehoor en omgedraai.

"Daar was ’n man agter haar wat vir geld gevra het. Nadat sy gesê het sy het nie geld nie, het hy haar aangeval, op die grond vasgedruk en verkrag," sê kaptein CJ Prins.

Die man is tussen 20 en 25 jaar oud, ongeveer 1,55 m lank en is medium gebou. Hy het 'n swart mus, denim en 'n donkerblou gholfhemp aangehad.

Enigiemand wat die verdagte kan identifiseer moet die ondersoekbeampte by Kakamas se FCS-eenheid, ao. Dippenaar, by 079 697 7836 of die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 bel. ’n Boodskap kan ook op die MySAPS-toepassing gelaat word. Die polisie sê alle inligting sal vertroulik hanteer word.

OFM Nuus

Die vermeende verkragter. Foto verskaf

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.