On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Mandela-dag: Ramaphosa vra mense om 'agente van vrede' te wees

───   13:40 Tue, 18 Jul 2023

Mandela-dag: Ramaphosa vra mense om 'agente van vrede' te wees | News Article
Terwyl Suid-Afrika by die wêreld aansluit om Nelson Mandela-maand hierdie Julie 2023 te herdenk, doen die regering 'n beroep op burgers om by te dra om die gety teen voedselonsekerheid en klimaatsverandering te keer ter ere van Nelson Mandela se nalatenskap. Foto: GCIS

President Cyril Ramaphosa het 'n beroep op vrede gedoen ter nagedagtenis aan die ontslape oudpresident en vryheidsvegter Nelson Mandela.

Suid-Afrikaners en die wêreld vier Madiba se verjaardag Dinsdag deur 67 minute van hul tyd af te staan om 'n goeie daad te doen, naamlik om bejaardes in ouetehuise by te staan, gestremdes by te staan, bome te plant, kos en klere te skenk, of riviere skoon te maak.

Die 67 minute verteenwoordig die aantal jare wat Mandela vir menseregte en die afskaffing van apartheid geveg het.



Ramaphosa se versoek om vrede is gedoen terwyl Rusland en Oekraïne al meer as 'n jaar in ’n oorlog is, met duisende lewens wat aan albei kante verloor is.

Verlede maand het Ramaphosa saam met leiers van Zambië, Kongo (Brazzaville), Egipte, Senegal, Uganda en die Comore op 'n vredesending na die oorloggeteisterde lande gegaan.

Die Afrika-staatshoofde het met president Wladimir Poetin van Rusland en president Wolodimir Zelenski van Oekraïne vergader om 'n dialoog vir vredesonderhandelings te begin. Dit is as suksesvol beskou omdat albei partye deelgeneem het.



In sy weeklikse nuusbrief sê Ramaphosa ons moet by Madiba leer en agente van vrede wees.

“Die strewe na vrede in die wêreld, vir 'n einde aan konflikte oral, en vir 'n ware internasionale gemeenskap van die mensdom, is die ideale waarvoor Nelson Mandela gestaan het. Hulle was relevant toe hy 'n staatsman op die wêreldverhoog was, en hulle is vandag selfs meer relevant met baie dele van ons vasteland en die wêreld wat in konflik gewikkel is.

“As Suid-Afrika hou ons vas aan die idee dat 'n beter wêreld bereik kan word deur vrede te bewerkstellig. Dit spruit uit onderhandeling en kompromie oor geweld, die gebruik van geweld en toevlug tot oorlog. Suid-Afrika se bydrae tot wêreldvrede is deur die ondersteuning van samelewings in konflik, en dit is grootliks as gevolg van die Nelson Mandela-nalatenskap.”

OFM Nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.