On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night OFM
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Sy fotoalbums gaan vir eers nêrens heen nie

───   ELSABÉ DE JAGER 13:07 Wed, 19 Jul 2023

Sy fotoalbums gaan vir eers nêrens heen nie | News Article
Johan Jack Smith

"Ek sal gemaklik met die titel (opgaarder van CD's) saamleef as ek weet my melodiese herinneringe is veilig in bokse gebêre."

Onbewus daarvan dat dit sy tweedelaaste redakteursbrief sou wees, het lesers van Taalgenoot soos altyd reeds uitgesien na die volgende uitgawe s'n.

Resensent, skrywer, en skepper van die destydse rock-groep “Volkspeler” Johan Jack Smith is Maandagaand aan ’n hartaanval oorlede. Hy was 46.

Dié kunstenaar, ’n boorling van Virginia in die Vrystaat, laat diep spore na in die Afrikaanse kultuurwêreld. Sy slag met woorde steek kop uit in alles wat hy aanpak, ook in sy eertydse rock-groep se musiek. Hy tree as resensent vir “Beeld” en “Rapport” op en die ATKV onthou hoe gewild sy rubriek “Betekenisse van ’n (toekomstige) rocker-pappie” onder lesers was.

Johan Jack en Almerie.  Foto: Facebook

“Ons storie moes nie so eindig nie” skryf sy vrou Almerie Kirsten op sosiale media. Sy is dankbaar vir al die liefde en bystand wat sy en Rijger, hul agtjarige seun, in hierdie tyd sonder antwoorde ontvang. Kirsten is ’n mediese praktykbestuurder in Johannesburg.


 Francois Smith, senior lektor aan die UV, vertel hy het die oorledene as ’n ernstige en toegewyde skrywer leer ken. Hy het ondanks sy suksesvolle debuutroman Zola wat in 2020 met die Eugene Maraisprys bekroon is, steeds ingeskryf vir die MA in Kreatiewe Skryfkursus met Smith as kursusleier. Hy was besig om ’n manuskrip af te rond wat wat só belowend was dat die Jaap Steynbeurs vir die beste tweedejaarstudent aan hom toegeken is.  Hy wou sy skryfwerk verdiep en méér as net spanning en vermaak skryf.

Johan Jack Smith saam met dr. Francois Smith en prof. Henning Pieterse. Foto: Facebook

“Sy donker aweregse humor, sy forsende blik, en sy broeiende intellek word gemis”, sê Smith.

“Maar soos my foto-albums op my rakke stel dit my gerus dat hulle vir eers nêrens heen gaan nie”, skryf Smith in sy onlangse redakteursbrief in Taalgenoot oor sy ou Cd’s wat nie meer deel vorm van die nuwe luisterwêreld  nie.

Smith vier sy 45ste verjaarsdag.   Foto: Facebook

Johan Jack Smith se musiek, skryfskatte en menswees mag vandeesweek dalk stil geraak het, maar dit sal altyd by ons bly. Die herinneringe wat hy agterlaat sal veilig in bokse gebêre word.

OFM Nuus/Elsabé de Jager

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.