On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

DA hoop om twee tussenverkiesings in Mangaung te wen – VIDEO’S

───   KEKELETSO MOSEBETSI 14:12 Wed, 19 Jul 2023

DA hoop om twee tussenverkiesings in Mangaung te wen – VIDEO’S | News Article
Die DA in Mangaung is hoopvol dat hy twee tussenverkiesings sal wen. Foto: Lucky Nkuyane

Die DA in die Mangaung Metromunisipaliteit is hoopvol dat hy twee tussenverkiesings voor die neus van die ANC en ander opposisiepartye sal wegraap.

Die OVK het vroeër bevestig die stemmery in vier wyke in die metro het glad verloop en geen voorvalle is aangemeld nie. Die DA-raadslid van wyk 7, Johan Pretorius, het aan OFM Nuus gesê in Freedom Square in Bloemfontein het net 60 mense teen 10:00 gestem.


Mmathabo Rasengane, woordvoerder van die OVK, sê hulle verwag dat net meer as 30 000 kiesers vandag sal stem, meer as 6 000 in Bloemfontein, meer as 8 000 in Botshabelo, meer as 7 000 in Thaba Nchu en net meer as 7 000 in Wepener.



"Ek dink die ANC is bekommerd want die stemlokale is baie stil. As die DA hoop ons regtig dat ons van hierdie wyke kan wen. Ons sien uit na die uitslae later vanaand," sê Pretorius. Kiersers kan nog tot 17:00 gaan stem.

OFM Nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.