Central SA
Wanneer die koue byt, hap ’n boereworsbroodjie!─── HEIDRÈ MALGAS 14:15 Wed, 19 Jul 2023
OFM, saam met Round Table, wil hierdie winter 'n verskil maak en daag die lesers en luisteraars uit om vandag by Agri Mark in Upington ’n boereworsbroodjie (of ’n dosyn!) te koop.
Alles is vir ’n goeie doel om hierdie koue maande ’n bietjie warmer te maak vir diegene in nood met Boeries vir Komberse!
Die beste deel? Elke sent van die "boereworsbroodjie"-verkope sal aan plaaslike kinder- en ouetehuise in Upington geskenk word.

Die geld wat ingesamel word, sal aan die Round Table in jou dorp geskenk word wat die geld sal gebruik om komberse, klere en kos vir ouetehuise en kinderhuise aan te koop.
At Lunch saai vanaf 12:00 regstreeks van Agrimark Upington uit.
Boeries vir Komberse Upington word moontlik gemaak deur Agrimark Upington, Dulux, Toyota Upington en Montego.
