On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Kinders tref Bloemfontein-egpaar dood in huis aan

───   KEKELETSO MOSEBETSI 14:19 Wed, 19 Jul 2023

Kinders tref Bloemfontein-egpaar dood in huis aan  | News Article

Twee beamptes van die Mangaung Metro Munisipaliteit se Verkeersdepartement, 'n 47-jarige man en sy 38-jarige vrou, is dood in 'n poel bloed gevind in Hospitaalpark, Bloemfontein.

Volgens die polisiewoordvoerder, Thabo Covane, is die grusame ontdekking deur die egpaar se 17-jarige hoërskooldogter teen omstreeks 06:00 in Hegar singel gemaak. Die egpaar is op die sitkamervloer gevind.

“Die tiener bly gewoonlik in 'n kothuis langs die hoofhuis saam met haar broer en sluit die gesinshuis oop wanneer sy op pad is om skool toe te gaan,” het hy gesê.

Hy het gesê toe sy vanoggend die huis binnegegaan het, het sy op dié grusame toneel van haar oorlede ouers afgekom. Sy het haastig na die kothuis teruggekeer om haar slapende 21-jarige broer wakker te maak en hulle het die polisie gekontak.

Covane het gesê die vrou het meervoudige skietwonde aan die bors en kop opgedoen het, terwyl die manlike slagoffer 'n enkele skietwond aan die kop gehad het.

Die besonderhede rondom die moord en volledige ondersoek is nog aan die gang. gang. 'n Saak van moord word ondersoek.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi en Heidré Malgas


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.